Hoender en Eier Klub Bagel

My eerste resep.

Hoofdis

Die resep kom nog.

Ons Braai

Amper daar.

Ontbyt

Die begin van die dag.

Tuesday, January 27, 2015


En hier is Marnus se Gebakte Sjokoladepoeding (met Mamma se hulp)

Bestanddele
250ml (1k) meelblom
10ml (2t) bakpoeier
2,5ml (1/2 t) sout
125ml (1/2 k) suiker
22,5ml (1 1/2 e) kakao
125ml (1/2 k) melk
15ml (1 e) botter of margarien, gesmelt
5ml (1t) vanieljegeursel
125ml (1/2 k) bruinsuiker gemeng met 30ml (2e) kakao en 500ml (2 k) kookwater.

Metode
Voorverhit die oond tot 180 C
Meng die eerste 5 bestanddele saam
Meng die melk, botter/margarien en geursel en roer dit by die meelmengsel in. Meng goed.
Skep die deeg in 'n gesmeerde oondskottel.
Bestrooi met die suiker-en-kakao-mengsel.
Giet kookwater bo-oor en bak vir 30 minute.
Die poeding vorm sy eie sous.

Wehan en Marnus het heel middag aan hulle ramekins met sjokoladepeoding gesmul.
Marnus het nooit sy Ouma Joey geken nie, maar sy het gesorg dat haar resepte behoue bly. 
Sy het elke resep sorvuldig in 'n boek aangeteken. Sondag was ons lus vir gebakte nagereg. Marnus en Wehan wou sjokolade poeding hê en ek en Hanlie iets anders. Ons het toe Ouma Joey se resepteboek nadergetrek en 'n Blits Bruin Poeding resep gekry.

Bestanddele

6 E Meelblom
1 E sagte kunsbotter
1 K fyn Appelkooskonfyt
1 t fyn Gemmer
1 1/2 t koeksoda
'n Knippie sout

Vir Stroop:    1 K Suiker
                      3 K Kookwater

Metode
Sif meel, gemmer en sout saam.
Klop konfyt en soda deeglik saam,
Meng die droë bestanddele met konfytmengsel.
Los die suiker in water op (gooi deeg in 'n oondvaste bak) en gooi oor deeg. 
Bak vir 45 min in 'n matige oond.
Bedien met vla.

Vir my het hierdie poeding heerlik gesmaak, soos 'n taai gemmerkoekie. Die seuns het net so lekker aan hulle gebakte sjokolade poeding gesmul.




Hierdie resep het sy ongeveer 1969 neergeskryf

Saturday, January 3, 2015

              Asyn soaked uie

              Wat jy kort: 30 ml olie
              10 ml Himalian sout
              250 ml asyn
              2 teelepels pepper korrols
              1 teelepel garlic

              Sny uie in skyfis            
              Gooi die uie in n 350 ml bottol
              gooi die 250 ml asyn en 30 ml olie
              As jy wil kan Himalian sout,Vein gesyde garlc,Pepper korrols
                                                           










     Pap en vleis sous:
                       50 ml tamatie puree
                       Halfte van n teelepel sout
                       5 ml pepper
                       250 ml BQQ Sous
                       250 ml woestersous
                       30 ml heuning
                       sit die stoof se plaat op laag
                       roer vir 5 minute
                       As klaar is gooi oor pap en wors


 
Hoender en Eier Klub Bagel

Bestandele

2 x Saad Bagels
4 x stukkies skouer spek
2 x eiers
50g gerookte hoender borsies
Slaaikruie soos Watercress
Tamatieskywe
Karringmelk slaaisous
Vars gemaalde Growwe Peper na smaak

Metode
Sny Bagels in helfte, smeer met botter en rooster.
Braai spek tot bros in pan op medium hitte.
Gooi varsgemaalde swartpeper op spek terwyl dit braai. Wanneer spek gaar is, haal uit en sit op papierhanddoek om te dreinneer.
Sit pan op lae hitte en bak eiers tot medium gaar. (wit gestol maar gele nog sag).

Maak die Bagel
Gooi een eetlepel karringmelksous oor die onderste bagel.
Sit blare, hoender, spek, eiers en tamatieskywe op die bagel.
Gooi nog een eetlepel karringmelksous bo-oor alles.
Plaas boonste sny bagel bo-op en steek vas met 'n stokkie.

Maak van karringmelk slaaisous

1 x eiergeel
1/4 koppie druiwe olie
1/4 koppie karringmelk
1/8 koppie vars room
2 eetlepels fyn gekapte grasuite
1 1/2 eetlepel vars suurlemounsap
Growwe sout en varsgemaakde peper na smaak.

Sit eiergeel in 'n mengbak.
Roer vinnig en gooi olie stadig by.
Roer Karringmelk, room, grasuie en suurlemoensap by.
Geur met sout en peper.