Tuesday, January 27, 2015

En hier is Marnus se Gebakte Sjokoladepoeding (met Mamma se hulp)

Bestanddele
250ml (1k) meelblom
10ml (2t) bakpoeier
2,5ml (1/2 t) sout
125ml (1/2 k) suiker
22,5ml (1 1/2 e) kakao
125ml (1/2 k) melk
15ml (1 e) botter of margarien, gesmelt
5ml (1t) vanieljegeursel
125ml (1/2 k) bruinsuiker gemeng met 30ml (2e) kakao en 500ml (2 k) kookwater.

Metode
Voorverhit die oond tot 180 C
Meng die eerste 5 bestanddele saam
Meng die melk, botter/margarien en geursel en roer dit by die meelmengsel in. Meng goed.
Skep die deeg in 'n gesmeerde oondskottel.
Bestrooi met die suiker-en-kakao-mengsel.
Giet kookwater bo-oor en bak vir 30 minute.
Die poeding vorm sy eie sous.

Wehan en Marnus het heel middag aan hulle ramekins met sjokoladepeoding gesmul.

Tagged: ,

0 comments:

Post a Comment