Tuesday, January 27, 2015

Marnus het nooit sy Ouma Joey geken nie, maar sy het gesorg dat haar resepte behoue bly. 
Sy het elke resep sorvuldig in 'n boek aangeteken. Sondag was ons lus vir gebakte nagereg. Marnus en Wehan wou sjokolade poeding hê en ek en Hanlie iets anders. Ons het toe Ouma Joey se resepteboek nadergetrek en 'n Blits Bruin Poeding resep gekry.

Bestanddele

6 E Meelblom
1 E sagte kunsbotter
1 K fyn Appelkooskonfyt
1 t fyn Gemmer
1 1/2 t koeksoda
'n Knippie sout

Vir Stroop:    1 K Suiker
                      3 K Kookwater

Metode
Sif meel, gemmer en sout saam.
Klop konfyt en soda deeglik saam,
Meng die droë bestanddele met konfytmengsel.
Los die suiker in water op (gooi deeg in 'n oondvaste bak) en gooi oor deeg. 
Bak vir 45 min in 'n matige oond.
Bedien met vla.

Vir my het hierdie poeding heerlik gesmaak, soos 'n taai gemmerkoekie. Die seuns het net so lekker aan hulle gebakte sjokolade poeding gesmul.




Hierdie resep het sy ongeveer 1969 neergeskryf

Tagged: , , ,

0 comments:

Post a Comment